Hello!
My sussie Rentia het die vraelys vir my gestuur. Julle kan saam speel en vir my ‘n boodskap los? Asseblief en dankie!?
1.WAT IS JOU EERSTE NAAM? Christel-Michel
2. IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND?
Ja, my Ouma Chrissie en my Oupa Mike. Wat baie nice is, is dat ek nou my Ouma se nooiensvan het. 🙂
3. HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF?
My handskrif is bi-polar soos ek. Dit lyk nooit dieselfde nie.
4. WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE?
Gewoonlik eet ek ‘n kaas en tamatie snackwich. My gunsteling is enige iets wat ek nie hoef te maak nie.
5. AS JY ‘N DIER KON WEES, WAT SOU JY WEES? Kameelperd
6. HET JY N DAGBOEK?
Nie meer nie. Ek skryf hier.
7. HET JY NOG JOU MANGELS?
Nee.
8. SAL JY BUNGEE JUMP?
Nee.
9. WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT?
Wimpy Farmhouse.
10. MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK?
Nee
12. WAT IS JOU GUNSTELING NAGERG?
Creme Brule.
13. ROOI OF PIENK?
Albei
14. WIE/WAT MIS JY DIE MEESTE?
My Oupa Mike en Ouma Chrissie en om al my kinders saam te he.
15. SAL JY GRAAG ‘N BRIEF OF BLOMME WIL HE?
Brief….dan blomme.
16. WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEEET HET?
Gisteraand: lasagne, pampoen, spinasie en slaai.
17. WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK?
Le in my bed.
18. AS JY ‘N INKLEUR KRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES?
Pers.
19. WAT IS JOU GUNSTELING REUK?
Noid.
20. WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET?
Kyla.
21. WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND?
Of hulle oe saam met hul mond lag.
22. HOU JY VAN SWEM?
Dis okay.
23. GUNSTELING DRANKIE?
Strawberry Dacquiri.
24. WATSE KLEUR IS JOU OE?
Bruin.
25. DRA JY KONTAK LENSE?
Soms. Ek is baie blind.
26. SCARY FLIEKS OF ROMANTIES?
Romanties.
27. WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS?
Vanilla.
28. WAT IS JOU GROOTSTE VREES?
Dat een van my kinders voor my sterf.
29.WAT IS JOU OUDERDOM?
39 jaar, maar 14 vir altyd. 🙂
Ek wens vir jou genoeg,
Wenchy♥
Posted via WordPress for BlackBerry from the second cloud on your left.
Dis ‘n great post die.
LikeLike
1.WAT IS JOU EERSTE NAAM? Louisa
2. IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND? Ek het my Ouma se derde naam ge-erf.
3. HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF? Soms
4. WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE? Hier by die werk se restaurant maak hulle ‘n baie lekker hoender shnitzel, maar regtig omtrent enige iets met of hoender of spek in dit is ‘n wenner vir my.
5. AS JY ‘N DIER KON WEES, WAT SOU JY WEES? Dolfyn of ‘n uil
6. HET JY N DAGBOEK? Ek blog
7. HET JY NOG JOU MANGELS? Net ‘n klein stukkie van een van die dokter perongeluk gelos het
8. SAL JY BUNGEE JUMP? Ek wou, maar ek sal nie kan nie
9. WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT? Spek en eiers met roosterbrood en appelkoos konfyt met regte botter (nie margerine nie)
10. MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK? Nee
12. WAT IS JOU GUNSTELING NAGERG? Creme Caramel, of sjokolademousse
13. ROOI OF PIENK? Rooi
14. WIE/WAT MIS JY DIE MEESTE? Mmm…daar’s ‘n paar wat op een of ander tyd vir my spesiaal was en nie meer is nie, maar ek dink ek mis die idee van so iemand meer as die iemand hulself.
15. SAL JY GRAAG ‘N BRIEF OF BLOMME WIL HE? Blomme
16. WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEEET HET? ‘n Piesang
17. WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK? Antwoord jou vrae
18. AS JY ‘N INKLEUR KRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES? Blou
19. WAT IS JOU GUNSTELING REUK? Die reuk van ‘n groot storm, of frangipani (mal oor dit)
20. WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET? Een van my kollegas
21. WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND? Hulle oe, dan hulle hande
22. HOU JY VAN SWEM? Meer rond-plas – maar ja ek doen
23. GUNSTELING DRANKIE? Ek het nie ‘n gunsteling nie – hou van rooiwyn, bier, ciders, cocktails, koeldrank, vrugtesap, melk, koffie, water, kruietees…regtig omtrent enige iets behalwe tab en gewone tee is okay met my
24. WATSE KLEUR IS JOU OE? Donker bruin as ek die moer in is, en soms kry hulle so ‘n half groenerige randjie in die oggende (dis nuut, hulle was altyd maar net bruin)
25. DRA JY KONTAK LENSE? Nee, ek kan nie eers kyk hoe iemand ander so iets in hulle eie oog sit nie! Ek het ‘n leesbril (ook nuut) maar ek dra dit net as ek voel ek begin ‘n hoofpyn kry.
26. SCARY FLIEKS OF ROMANTIES? Ek hou van aksie en komedie
27. WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS? Vanilla
28. WAT IS JOU GROOTSTE VREES? Spinnekoppe, of dat iemand Nicola sal probeer seermaak of wegvat van my af.
29.WAT IS JOU OUDERDOM? 34 jaar
LikeLike
ok, ok – hier’s hy:
1.WAT IS JOU EERSTE NAAM? Catharina
2. IS JY VERNOEM NA ENIGE IEMAND?
Ja, my Ouma Caty was ook Catharina Jacoba
3. HOU JY VAN JOU EIE HANDSKRIF?
Ja, maar dis nie baie leesbaar nie.
4. WAT IS JOU GUNSTELING MIDDAGETE?
Oorskiet kos van gisteraand of ‘n kaas en biltong poeier broodjie.
5. AS JY ‘N DIER KON WEES, WAT SOU JY WEES? ‘n Vlakvark
6. HET JY N DAGBOEK?Vir gedagtes – ja, vir afsprake, my iPerd
7. HET JY NOG JOU MANGELS?
Nee.
8. SAL JY BUNGEE JUMP?
Ek dink so – ek hou van adrenalien
9. WAT IS JOU GUNSTELING ONTBYT?
Anys boerebeskuit en koffie
10. MAAK JY JOU SKOENVETERS LOS AS JY JOU SKOENE UITTREK?
Ja
12. WAT IS JOU GUNSTELING NAGERG?
Creme Brule. (ek belowe – ek ook!)
13. ROOI OF PIENK?
Albei
14. WIE/WAT MIS JY DIE MEESTE?
Tyd vir myself
15. SAL JY GRAAG ‘N BRIEF OF BLOMME WIL HE?
Brief….ek kan self blomme koop
16. WAT IS DIE LAASTE DING WAT JY GEEET HET?
HIer vang jy my uit – ‘n Woollies steak en kidney pie – uiters gesond
17. WAT DOEN JY OP DIE OOMBLIK?
Lees skelm blogs terwyl my personeel werk
18. AS JY ‘N INKLEUR KRYT WAS, WATTER KLEUR SOU JY WOU WEES?
Periwinkle
19. WAT IS JOU GUNSTELING REUK?
Poetry se “house” fragrance en my kids as hulle klaar gebad het. En vars gesnyde gras
20. WIE WAS DIE LAASTE PERSOON MET WIE JY GEPRAAT HET?
Sanisha
21. WAT IS DIT WAT JY EERSTE OPMERK VAN IEMAND?
Hoe hulle ruik – ek is reuk sensitief
22. HOU JY VAN SWEM?
Baie
23. GUNSTELING DRANKIE?
Merlot
24. WATSE KLEUR IS JOU OE?
Bruin.
25. DRA JY KONTAK LENSE?
Nee – het net ‘n leesbril vir gare in naalde steek en baie klein instruksies lees
26. SCARY FLIEKS OF ROMANTIES?
Romanties.
27. WAT IS JOU GUNSTELING ROOMYS?
Pistachio
28. WAT IS JOU GROOTSTE VREES?
Dat ek een van my geliefdes verloor
29.WAT IS JOU OUDERDOM?
Een maand en 2 dae kort van 4×4
LikeLike
my ma vertel dat haar pa – oupa manie elke more die koffiepitte gerooster het terwyl hy nader-steeds-nader gesing het. oupa manie het die pitte in ‘n groot ysterkastrol gegooi en vir ongeveer 20 minute gerooster op die houtstoof, net voor oupa die geroosterde koffiepitte van die stoof getrek het , het hy suiker en ‘n bietjie sout saam met die pitte in die pot gegooi. die koffiepitte is dan in die koffie-hand-meultjie gemaal en dan na die koffiekan toe waar oupa dan koffie gemaak het vir die hele gesin van ouma miemie met hulle sewe kinners; vier broers : klein manie, theunis, willie en kobus en drie dogters : christel [ pikkie ] , marie en elise.
LikeLike
Di’s lekker om nou en dan so ‘n bietjie Afrikaans te lees!
LikeLike
Waar is nommer 11?
LikeLike