Dear friends and other interesting creatures,
Today I am hosting a brilliant guest writer, Yvonne Griffin who did a brilliant review of the movie, ” ‘n Paw Paw vir my Darling! ” You can look forward to more Afrikaans movie and book reviews from her.
I wish you enough,
Wenchy
‘n Lekkerder lekker as wanneer n film by die boekstorie hou, is daar nie. N Paw Paw vir my darling stel nie teleur nie. Jeanne Goosen se fiktiewe karakters word geloofwaardig en sprankelend vertolk deur onverbeterlike akteurs/aktrise. Kwessies word subtiel en humoristies aangeraak soos liefde oor die kleurgrens en homoseksueliteit. Enkele kragwoorde mag aanstoot gee.
Die storie van die Beeslaers word verwoord deur Tsjaka, depressed, veronregte hond van die gesin van Frik du Preezstraat, Damnville. Aan stuur van sake is Vleis (n man vir die nuwe SA na 1994) . Sy vrou Sofie stress haar letterlik uit haar hare oor hul kinders en swak ekonomie – n situasie wat met en sonder payday vinnig reggesien word met n braai en n bottel Cape Hope!
Die Beeslaarkinders betaan uit Elvis, die oudste en enigste seun met sy Kerrie cherry. Die middelkind Rusty het op die paal geraak, baba weggegee, kraandrywer geword by Iscor met haar liefde, die kraamsuster Tabitha Snygans. Die grootste rede tot verdriet is dikboud Mabel “retrenched” wat droom van Hollywood en Charlize Theron. Giepie Briel van oorkant die straat, karate wonder van formaat bied uitkoms ….”wat wil n vrou meer he?” ‘n G0eie werk, siekefonds, vrypas en als?
Soufie se ma Sally Caravan, bewoon n karavaan op die werf, sy sien gesigte en voorbodes. Vleis se ma, Girla van Huis Herfsblaar, het nie n tekort aan vryers nie – veral Tango du Toit as n geheime agent steel die hart. Tussen die twee ma’s hang n fete oor n plastiese roos van Bles Bridges.
Meng in Cyril Posa, die tuinbeampte, Hillies Grobbelaar wat enige strike kan stil toyi-toyi en n pastoor wat net sy kudde tot by nagmaal wil kry en Sersant Kennedy Banda wat eerder n oorplasing vra Hillbrow toe …
Vergete is nie Tsjaka wat sy hart verloor aan n verdwaalde franse poedel nie. Kennende Damnville loop tel hy maar die stukke op langs die blou wawiel beton en die golfbal posbus…
Heerlike tong in die kies vermaak!
Comment, Like and Share – please. :)