Geliefde vriende en alle interessante wesens,
Vanoggend toe ek Huisgenoot se nuusbrief lees en die opskrif sien,
Gewilde Getroud met Rugby-akteur verlief en verloof!
was my eerste gevoel. Nee David, hoe kan jy my niks hiervan vertel nie! Ons is dan vriende! …. en toe sien ek met verligting, dis ons geliefde David Vlok wat hom so romanties hou. Baie geluk aan David en sy verloofde, Joanika Haasbroek. Ek wens julle alles wat mooi is vir die toekoms.
Ek het David Louw ‘n jaar of so terug vir die eerste keer by ‘n media geleentheid ontmoet. Later het ek ‘n foto van hom gesien in ‘n meer erstige rol, en ek moes net vir myself outvind wat sit agter die man. Ek sou baie teleurgesteld gewees het, as hy net mooi oe, glimglag en spiere was! Gelukkig is daar baie meer aan onse, geen pretensie, David.
David en ek het filosofie, godsdiens, drama, familie en natuurlik sport en rugby gepraat. David is ‘n diep seun gebore in Vrede in die Vrystaat. Ons gesprek was op tye ‘n ernstig debat. Ander oomblikke het ons so gelag, dat ander defnetief gewens het hulle was ek!
David het ‘n manier om met jou te praat asof jy die enigste mens in die wereld is … en wys my iemand wat nie van onverdeelde aandag hou nie!
Hy vertel ‘n storie soos ‘n ou legende en jy kan nie help om weggevoer te word in sy stoutgat lag en passie vir die lewe nie.
Maar, kom ons praat bietjie oor sy loopbaan.
David Louw se lewe is tans in eerste rat. Die gewilde Getroud met Rugby akteur se dagboek word net al hoe voller, met onder andere drie groot projekte wat in die tweede helfte van die jaar en begin-2018 vir hom wag.
In Junie 2018 beplan David om aan die Ironman kompetisie in Durban deel te neem. Alhoewel hierdie spesifieke een net die “halwe” Ironman genoem word, is dit nog steeds ‘n uitmergelende 1.9km swem, 90km fietsry en 21.1km se hardloop.
Self, is daar natuurlik geen manier wat ek dit sou aandurf nie.
David het al voorheen die volle Ironman gedoen. “Die aanvanklike plan was om reeds hierdie jaar deel te neem, maar as gevolg van ‘n “Achilles’ heel” besering was ek genoodsaak om dit uit te stel na volgende jaar,” noem David, wat reeds op skool as sportman uitgeblink het. “Ek is gek oor enige iets wat my uithouvermoë toets, iets wat vir my wys hoe vêr ek myself fisies en geestelik kan druk,” vervolg hy. “Sport leer jou discipline, iets wat my verseker help in die industrie waarin ek is.”
Buiten vir Craven Week Rugby, het David ook provinsiale klere verwerf in letterlik elke denkbare sport op skool.
Min mense weet van die kinderproduksies wat David vervaardig, en wat landswyd by kleuterskole, laerskole en hoërskole opgevoer word. By eersgenoemde word die kleuter gehelp om sy/haar verbeelding te ontwikkel deur hulle op ‘n “magic journey” te vat, waar by laer – en hoërskole die fokus meer op probleem temas is wat by daardie spesifieke skool van toepassing is.
Hierdie onderwerpe sluit onder andere boelies, selfrespek en gesondheid in. “Die uitvoerende kunste is so ‘n magtige medium wat tot ieder en elk spreek, maak nie saak hoe jonk of hoe oud jy is nie,” vertel David. “Deur my Produksiehuis wil ek ‘n boodskap bring wat relevant is, en ‘n verskil kan maak onder jong mense. Dis vir my baie spesiaal.”
Later vanjaar maak David sy debuut as mede-vervaardiger van ‘n grootskerm film, ‘n projek wat hom baie na aan die hart lê. Die produksie, wat grotendeels nog in geheim gehou word, het reeds van Suid-Afrika se grootste name aan boord, en beoog om ‘n nuwe en vars wending te bring in plaaslik-vervaardigde films.
Sedert sy rol as Petrus Steyn in “Villa Rosa” (KykNET), het David homself bewys as een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde akteurs.
Buiten vir TV het hy ook al verskeie films agter sy naam, insluitend “Wolwedans in die Skemer” (2012), “Forsaken” (2015) en meer onlangs “Modder en Bloed” (2016). Hy is tans te sien as Simon Greeff in “Getroud met Rugby” (KykNET).
‘n Huildronk op die toekoms David! “Still or sparkling boet?”
INGU
Ek wens jou genoeg,
Wεทchy ¸.¸. ҉¨
Comment, Like and Share – please. :)