Met die August wind waai ek by ons apteek in. Miskien meer ‘n aptekie… So met die inwaai neem ek waar dat ek alleen in die apteek is. Geen apteker of assistent nie… en geen ander siekes nie.
Wie daar wel is, is Dr Victor en “Wie se kind is die?”
My voete trap sommer so hier vir jou en hier vir my… en ek lang arm net daar verby die baba produkte. Ek maak n buiging voor die cutex en gooi ‘n Two Step daar by “vir my sal jy moet hok!” By die weggooidoeke en “That Man” doen my heupe so n dubbel swaai.
After my se n manlike stem “Môre Gogo”.
So met die omdraai lag ek, en ek en ‘n jong kind kyk in mekaar se oë. Hy gooi sy lang bene die lug in en ons wikkel sameswerend tot voor die voorskrifte toonbank.
Net daar sien ek Suid-Afrika soos dit kan wees. Die Gogo en Impi wat saam met Dr Victor sing….”Wie se kind is die?”
Yvonne Griffin is an avid reader and an active member of more than one library, in more than one province! She is a strong believer in the good at the core of every South African especially the hearts of her children, grandchildren and great-grandchild.
She is married to her very best friend and she longs for the serenity of the Karoo landscape.
Comment, Like and Share – please. :)