Uit Mammie se dagboek #4

Met ons herdenking vyftien jaar terug) ons TIENDE herdenking was dit n beplande joligheid. Nou terug na ons berghotel waar ons heuningmaan was (overdraft gereel en so). Alles werk toe nie saam nie : daai dunne trourok willie eers oor my enkels nie! Maar wat, ons kry n pakkie confetti en Drakensberg hier kom ons.

Kry ons n honeymoon huisie by die hotel. Onthou, dis net 2 van ons :op onse troudag hol ons in pajamas rond met die confetti. Dan Sweetheart en ek strooi hom dan hol en ek (ballooon innie hand en een om my nek) en hy strooi my. Ons lag soveel dat ons die helfte van die confetti insluk toe n vreemde stem met n hogere aksent vra: ‘what are you doing?

So innie pajamas, balloon om my kop, verduidelik ons vannie confetti en so. Die hogere stem persoon se aandag is glo getrek deur al die beweging.

Laat middag ontvang ons n ‘amptelike’ uitnodiging tot ‘tea’. Daar gekom het die hotel vir ons n troukoek gebak en al wat n gas is sing ‘for they are jolly good fellows.’ Mens!

Vir aandete gaan ons GROOT. Vreeslik romanties. Sweetheart in aandpak. Gefril de lot. Helaas, geen broek. In my swart sweetpakbroek (daai wat die rek onder het) durf hy die deftigheid aan.

Ons kry n privaat eetsaaltjie. Vol kerse en rooi rose. En ons dans by ons self dat dit n naarheid is en gil van jollygeid omdat Sweetheart se broek teen daai tyd ONDER sy kniee sit!!!!

Vyftien jaar later, weer n keer, baie baie dankie OAKLANDS COUNTRY MANOR!

Uit Mammie se Dagboek. #3

‘n Piekniek doen dit mos nie vir my nie. Lê ek so op my kooi en bekyk die Vaaldam. (Ja toe maar)

Sweetheart praat van ‘n kombers en mandjie en n GROOT sambreel en siedaar! Piekniek daar onder teen die dam.

Ek is net daar met stomheid geslaan. Ken ek die mens? Vir wat sal ek dit wil doen?

Eerstens: n kombers? Om te loop gooi oor sulke harde graspolle wat die groen amara uit jou steek?

Tweedens: ‘n Mandjie? Het dit nie gesneuwel saam Rooikappie nie?

En vir wat wil ek ‘lekkernye’ (wat vir n ding is dit?) in n MANDJIE pak?

Al wat n mier is bestorm jou soos destyds met die val van die Berlynse muur! Val jou aan met hul neefs die vlieë!

‘n Freaking groot sambreel? Is die bote wat so rinkink en water sprei nie genoeg nie? Ek sien al hoe ek met my stywe ruggie gillend agter n GROOT sambreel aandraf terwyl die res ‘piekniek’.

Gee my die aircon en my boek. Ek piekniek nie.

Uit Mammie se dagboek. #2

‘Word oud met grasie.’ Wat vir ‘n klomp twak is dit? Daar is niks jollie omtrent oud word nie.

Vat my nou byvoorbeeld. Was nooit n skoonheid nie maar… Daar n swart WALLE onder my oë. Kepe langs die mondhoeke. Eienaardige ken.. Dun lippies gekry (Rensch se TEKEN groter lippe!) En die kalkoennek!!!! Middel (watter middel?) ‘n omvang wat ek nie wil weet nie. My bene .. my gekreukelde voete! Nee mens!

My dierbaarste Pappie het gesê ‘Ouderdom is niks. Maar die lelik word!’ En toe trek hy al by 85!

Nou moenie die pyne en skete vergeet nie. Ek het altyd gedink oumense kan darem kla!

En nou, ‘back at the ranch’ staan ek my plek vol in die klae afdeling! Nie vir sissies nie!

Dad Alex and my Mammie Yvonne

Uit my Mammie se dagboek. #1

Nou ja, na vele navrae, 🙂 die nuutste om die plotrotte. Staan ek mos op met n kop vol grys hare aan my en onmiddellik gryp ek na Spicey Brown. (Vervaardiger onbekend). Verander my kroon toe na n lieflike PIENK op die wortels… Sweetheart was, vir eens, sprakeloos.

Tay (goed opgevoede kind wat sy is) seg net ‘… en wat nou oumie?’

Het ek met Pappie loop beraadslaag daar waar hulle tydelik skuins lê teen n boks gemerk (allerlei).

Mmm.. sê my alles. Nee wat Vonnie! Steady steady steady! Jy beter regkom voor jou Ma jou sien!’

Maak ek toe maar weer die seil toe. Ek mis julle sê ek. Ek MIS julle…

– – – 💜 – – –

As ek huis toe verlang… deel ek so bietjie van my Mammie, Yvonne sê woorde oor die jare. Van diep lag tot hardop huil, julle gaan haar geniet.